top of page
Logo.png

IS

ONDER KONSTRUKSIE

WEBTUISTE SAL BINNEKORT OPEN

0%

100%

Gemeenskap Kerk Groep Visie en Missie

Visie

Om Kerk ‘n Nuwe begin te maak, om dit reg te doen, om dit te doen volgens die oorspronklike Woord van God.

 

Missie

Om Kerk ‘n Nuwe belewenis te maak; om ‘n hawe van liefde, vriendskap, aanvaarding en genesing te bied;

Om ‘n plek van Bybelse waarheid te bied in teenstelling met valse leerstellings en korrupte Bybelvertalings

Om ‘n plek vir veilige aanbidding vir elkeen te bied; insluitend mense wat nuut is in Christus en hulle wat verwyderd geraak het van die kerklewe;

Om ‘n plek van samehorigheid en kameraadskap te bied en waar antwoorde op moeilike vrae gevind word:

Om ‘n plek te bied van medelye, hoop, bemoediging, en vergifnis.

 

‘n Plek waar mense vanaf verskillende denominasies en agtergronde verening word in korrekte denke en geloof , en in navolging van die waarheid.

Om bedieninge te vestig wat ten volle omsien na alle moontlike behoeftes.

Om ‘n kerk te bied waar die harte van mense op die Here gevestig word en waarvan die heelhartige lofprysing en aanbidding vir Hom ‘n welgevallige offer kan wees.

Om ‘n kerk te bied wat mense ontwikkel tot geestelike volwassenheid, solied gevestig in die Woord van die Here, en in Christelik onselfsugtige diensbaarheid.

Om gelowiges toe te rus deur hulle te help om hul God - gegewe gawes en talente te ondek.

Om ‘n kerk te bied wat die evangelie van Christus versprei, wat siele op die Woord grondves sodat hul die Here kan eer en dien.

 

Ons visualiseer hoedat ons visie na die gemeenskap gebring word deur kerke van die Gemeenskapkerk Groep; na waar die behoefte ontstaan;

Om ‘n kerk met impak en invloed op die gemeenskap daar te stel onder die Hoofskap van Christus, gelei deur die Heilige Gees, gefokus op die sending van Christus.

  • VGK Facebook Page

Virginia Gemeenskap kerk

Adres:

Cnr. Lelie en Lyceum Avenue

Virginia

9430

Past. Billy Cell: 072 728 0576

bottom of page